Welkom by Berglig Akademie

Waar ons dapper denkers ontsluit, gevestig in waarheid, wat stap in lig. Ons lei kinders daarin om hul identiteit in Christus te ontdek en toegerus te wees as 'n antwoord vir vandag en môre.

Oor Berglig Akademie

Ons is 'n dinamiese, Afrikaanse voor- en laerskool in die Paarl wat akademiese uitnemendheid met Christelike karaktervorming kombineer. Hier vind dissipelskap met deernis plaas, leer is lekker en skool voel soos huis. By Berglig Akademie maak elke kind saak.

Afdelings

Graad RR tot R - Dapper Verkenners
Graad 1 tot 3 - Dapper Ontdekkers
Graad 4 tot 7 - Dapper Denkers

Berglig Akademie beplan om verder uit te brei in 2027 en die Bergliggies Kleuterskool vir babas vanaf 3 maande tot 4-jariges te open. Ons noem hulle die Dapper Stappers en Dapper Doeners.

Visie

Ons bied ’n dinamiese leeromgewing waar dapper denkers ontsluit word, gevestig in waarheid, wat stap in lig.

Missie

Ons moedig kinders aan om:

  • Hul identiteit in Christus te ontdek
  • Uitnemendheid in akademiese werk na te streef
  • Krities en innoverend te dink
  • Verantwoordelik binne hul gemeenskap te leef
  • Toegerus as ’n antwoord op vandag en môre te wees

Berglig Akademie

Wat maak ons anders?

Berglig Akademie bied 'n dinamiese leeromgewing. Ons is aanpasbaar vir 'n vinnig veranderende wêreld.
Ons is gevestig in die waarheid – dit is die kern van ons siening oor akademiese werk, karakterontwikkeling en identiteit. Neurowetenskaplike beginsels begrond ons werk. Ons bied 'n kindervriendelike omgewing en -program.
Ons leef met 'n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap en stel die samewerking met ouers en kerke hoog op prys.
Ons personeel het 'n gesamentlike ervaring van meer as 'n 100 jaar in kinderontwikkeling en onderrig.

Ons Akademiese Programme

Ons bied 'n omvattende kurrikulum wat ontwerp is om elke aspek van jou kind se ontwikkeling te ondersteun. Die kurrikulum is gebaseer op die nasionale KABV kurrikulum, maar dit bied meer vir leerders en hul ouers in die volgende maniere:

'n Leer-deur-speel benadering in ons voorskool waar kinders konkreet leer en deel is van die leerervaring.

Integrasie oor leerareas lei daartoe dat leer binne konteks plaasvind en dat vaslegging geskied.

Projekgeleide leer bied leergeleenthede in projekbestuur, deurlopende assessering en leer binne konteks.

’n Unieke lewensvaardigheid kurrikulum integreer die uitkomstes van die KABV kurrikulum met karakterontwikkeling en dissipilering wat ‘n kern fokus van ons program uitmaak.

Ons Leerareas

📄

Afrikaans Huistaal

’n Sterk grondslag in die Afrikaanse taal en literatuur, met die klem op lees, skryf en kommunikasievaardighede.

🔢

Wiskunde

Innoverende wiskundeonderrig met praktiese toepassings en ‘n fokus op probleemoplossingsvaardighede.

🌐

Engels Eerste Addisionele Taal

Omvattende Engelse taalonderrig om tweetaligheid en vaardigheid in globale kommunikasie te bevorder.

🧪

Natuurwetenskappe

Praktiese wetenskaponderrig wat nuuskierigheid, kritiese denke en ’n liefde vir die natuur aanmoedig.

🗺️

Sosiale Wetenskappe

Omgewingstudies en geskiedenis wat kulturele bewustheid en globale burgerskap bevorder.

🎭

Kreatiewe Kunste

Kuns-, musiek- en dramaprogramme wat kreatiwiteit en selfuitdrukking aanmoedig.

Toelating & Inskrywing

Begin jou kind se reis na uitnemendheid by Berglig Akademie

📋

Inskrywingsproses

Eenvoudige aanlyn-inskrywing met persoonlike ondersteuning vir elke gesin.

Voltooi aansoekvorm

Voltooi ons aanlyn aansoekvorm om die inskrywingsproses te begin

Kontak Ons

Ons is hier om al jou vrae te beantwoord en jou gesin te verwelkom

Kom Kuier by Ons

📍

Adres

Berglig Akademie by die Voortrekkerperseel
16 Kloof Straat
Paarl, 7646
Wes-Kaap

📞

Telefoon

+27 79 505 5510

✉️

E-pos

admin@berglig.com

🕐

Kantoor Ure

Maandag - Vrydag
07:30 - 16:00

Stuur vir Ons 'n Boodskap